Meer oor ons

 

Vleissentraal is reeds meer as 80 jaar sinoniem met veebemarking in Suid-Afrika. Die maatskappy spog met 'n lang geskiedenis wat getuig van 'n aktiewe rolspeler in die georganiseerde landbousektor.

Vleissentraal het ten doel om die maksimum waarde van lewendehawe, wild en eiendom vir beide die koper en verkoper te onderhandel met billike terme en voorwaardes. Die gebruik van tegnologie verseker 'n vinnige en akkurate diens.

'n Gemiddeld van 1600 veilings word jaarliks deur Vleissentraal gehou, wat die maatskappy as professionele bemarker en kenner op die gebied van veilings onderskei. Bekwame & kundige Afslaers en Bemarkers, verseker dat beste pryse  op grond van vraag & aanbod behaal word.  Betaling geskied op ooreengekome voorwaardes en gunstige betalingstermes word aan goedgekeurde kopers gebied.

Of u dus die koper of verkoper is, die voordele van 'n veiling wat deur Vleissentraal uitgevoer word, is vanselfsprekend:

  • Markverwante pryse en mededinging
  • Professionele diens
  • Reputasie van die maatskappy sorg vir kliênte met goeie gehalte lewendehawe, wild en eiendom

Hoekom Vleissentraal?
  • Vleissentraal het ten doel om die maksimum waarde van lewendehawe, wild en eiendom vir beide die koper en verkoper te onderhandel, met redelike terme, voorwaardes en die doeltreffende gebruik van tegnologie vir vinnige en akkurate diens.
  • Vleissentraal as nasionale bemarker lewer professionele en flinke diens met meer as 1600 veilings landswyd per jaar.
  • Bekwame en kundige bemarkers verseker dat beste pryse behaal word.
  • Betaling geskied op ooreengekome voorwaardes.
  • Bied terme aan goedgekeurde kopers.

Vleissentraal se bemarkers

Bemarkers verskaf betroubare toegang tot vee deur voortdurende skakeling tussen koper en verkoper. Vleissentraal se bemarkers doen moeite om suksesvolle veilings aan te bied. Veilingstelsels bly 'n betroubare prysmeganisme.

Vleissentraal bemarkers is:

  • Vriendelik
  • Verantwoordelik
  • Eerlik
  • Altyd tot u diens
  • Kundig

Bemarkers het uitgebreide kundigheid rakende die volgende aspekte:

  • Kennis van vee
  • Lewendehawe klasssifikasie
  • Lewendehawe gesondheid
  • Hantering van diere tydens veilings
  • Kennis van markpryse en tendense
  • Kennis van standaarde en wette rakende hantering en vervoer van vee
  • Kennis om veilings aan te bied
  • Verkoops- en onderhandelingsvaardighede
  • Goeie kommunikasievermoë
  • Beplanning en organisasievermoë
  • Rekordhouding tydens veilings
  • Vertroud met rolspelers in die mark

Vleissentraal se afslaers

Vleissentraal beskik oor ervare, oplettende en geregistreerde afslaers met goeie waarnemings-vermoë. Hul is goed opgelei om stoetvee-, wild-, kalender-, losgoed asook eiendomsveilings te hanteer.

AFSLAERS het uitgebreide kundigheid rakende die volgende aspekte:

  • Veilingskennis
  • Kennis en inligting oor vee en ander produkte
  • Kennis van markpryse en tendense
  • Kennis van wette van toepassing op afslaers
  • Verkoopskennis
  • Suksesvolle onderhandelingsmetodes
  • Besluitnemingsvermoë
Free URL Submit
Vleissentraal Geskiedenis

Vleissentraal is in 1932 as ko÷perasie gestig te Prieska, in die Noord-Kaap, onder die naam Kaap Centraal Vleis Produceerders Ko÷peratief Maatskappy Beperk (KCV). 

In Augustus 1943 is die naam na die Suid-Afrikaanse Vleisprodusente (Sentraal Ko÷peratief) Beperk, algemeen bekend as die Sentrale, verander en in Julie 1973 het die maatskappy Vleissentraal Ko÷peratief Beperk geword.

In 1964 het die Ko÷perasie besluit om vertikaal in die voorsieningsketting te integreer deur beleggings te maak in industriŰle filiale wat voerkrale en groot- en kleinhandel in vleis- en leerverwerking bedryf. Bekende handelsmerke soos SAMS, Bullbrand, Kovisco, Spekenam, Supreme, Velskin, Country Bird, King Tanning en G H Hackmann het hieronder getel.

In 1992 is die industriŰle filiale saamgevoeg in Vleissentraal IndustriŰ (Eiendoms) Beperk en die bemarkingsagentskappe in Vleissentraal Ko÷peratief Beperk. 

Vleissentraal IndustriŰ (Eiendoms) Beperk is in 1994 as Kolosus op die JSE genoteer. Die oorblywende belang na notering is in 1997 verkoop. Dit het daartoe gelei dat Vleissentraal Ko÷peratief Beperk weer primŕr net Ĺn bemarkingsagent geword het.

In 1996 is Vleissentraal Ko÷peratief Beperk omskep in Ĺn publieke maatskappy, naamlik Vleissentraal Beperk wat nie genoteer is nie, maar waarvan sy aandele vrylik mag verhandel.

Op 30 Maart 2007 het Vleissentraal Beperk sy beherende belange in die lewendehawe bedryfsfiliale aan Vleissentraal (Eiendoms) Beperk verkoop wat vanaf 1 April 2007 die lewendehawe bedryfsfiliale beheer. Vleissentraal Beperk het ook op 1 April 2007 sy beherende belang in Vleissentraal (Eiendoms) Beperk aan Subtropico verkoop.

Korporatiewe inligting

Voorsitter:

Dr Piet Botha
Posbus 1546
Brooklyn Square
0075
Tel: 012 460 9910
Sel: 082 606 0043
E-pos: bpbotha@subtropico.co.za

Besturende Direkteur:

Mnr Anton Vos
Posbus 1546
Brooklyn Square
0075
Tel: 012 460 9910
Sel: 082 600 5828
E-pos: anton@subtropico.co.za

Finansiële Direkteur:

Mnr Pieter van der Walt
Posbus 1886
Brooklyn Square
0075
Tel: 012 460 9910
Sel: 084 200 0265
E-pos: pieter@subtropico.co.za

Nie-uitvoerende direkteure

Mnr A Oberholzer

Bemarkingsbestuurder/Skakelbeampte

Me Marinda van der Merwe
Tel: 012-460 9916
Sel: 072 272 6555
E-pos: marinda@vleissentraal.co.za

Korporatiewe struktuur (Kliek vir vergrote weergawe)

Vleissentraal Organogram

Soek Veilings

Alle Veilings